Foto's deur Micky Hoyle

Nagereg

Mille-feuille-Franse blaardeeg met room en aarbei

4 porsies

• 500 g blaardeeg
• 1 eier, geklits
• 250 ml room
• 30 ml versiersuiker, gesif
• 250 g aarbeie
• ekstra versiersuiker om oor te sif

Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Sny die blaardeeg in 2 stroke van 10 cm elk. As daar van die deeg oorbly, kan jy dit vries. Plaas op bakplaat en smeer met geklitste eier. Sit in warm oond en bak vir 30 – 35 minute. Haal uit en laat afkoel. Verdeel elke strook deeg in die lengte in die helfte. Klits room styf en voeg
versiersuiker by. Sny aarbeie in skywe en hou so twee oor om mee te versier. Plaas een stuk deeg op opdienbord en skep room bo-op. Rangskik aarbeie op room en plaas nog ’n strook deeg bo-op. Pak nog ’n laag room en aarbeie. Sif versiersuiker oor en versier met heel aarbeie.