Nagereg

Nartjie-trifle

As jy hou van jellie in trifle, is dié een vir jou. Dis hoe ek trifle op ons Kerstafel geken het!

genoeg vir 8

• 1 x 80 g-pakkie oranje jellie
• 1 x 280 g-madeirakoek, in skywe gesny
• 60 ml sjerrie
• 5 nartjies, in segmente gebreek
• 500 ml room
• 65 g (80 ml) suiker
• 5 ml vanieljegeursel
• 15 ml gelatien
• 50 ml water
• 500 ml winkelvla
• 1 liter roomys van jou keuse

Maak jellie aan volgens aanwysing op pakkie en gooi in 2 liter-glasbak. Laat stol vir 2 uur. Pak skywe koek bo-op en sprinkel sjerrie oor. Pak nartjie-segmente bo-op. Bring room, suiker en vanielje tot kookpunt oormatige hitte. Laat prut 2 minute. Sprinkel intussen gelatien oor water en laat week sowat 2 minute. Verwyder roommengsel van hitte en roer geweekte gelatien by warm mengsel. Roer tot gesmelt. Laat mengsel afkoel tot kamertemperatuur. Gooi mengsel oor koek en laat stol in yskas vir 3 uur. Gooi vla oor en skep balle roomys op. Sit dadelik voor.