sk1010mark4
Nagereg

Oondgebakte somervrugte met nougat-en-meringue-roomys

(4 – 6 porsies)

  • 250 ml room
  • 100 g nougat, grofgekap
  • 100 g meringue, grofgekap
  • 45 ml sagte bruinsuiker
  • 45 ml heuning
  • 1 vanieljepeul
  • 60 ml water
  • 4 perskes, gehalveer
  • 400 g aarbeie, gehalveer
  • 90 g vars kersies, ontpit

Klits room in ‘n mediumgroot mengbak tot stywe punte vorm. Vou nougat en meringue in. Gooi mengsel in ‘n roomysbak en laat vries oornag tot gestol. Verhit oond tot 200 ˚C. Meng suiker, heuning, vanielje en water. Plaas vrugte in ‘n oondvaste bak en gooi suikerstroop bo-oor. Rooster vir 20 – 25 minute of tot perskes sag is. Sit warm vrugte met balle van die roomys voor.