sr1307_koshoof_5_
Nagereg

Opgetofte roomys-met-piesang (banana split)

genoeg vir 6

  • 250 ml houtskaafsels
  • 6 piesangs
  • 60 ml bruinsuiker
  • 60 ml heuning
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 60 ml botter, gesmelt
  • 1 liter vanieljeroomys
  • 1 x 250 ml-houer room, styfgeklop
  • 1 x 250 g-pak sjokolademoutlekkers (Whispers of Chuckles)
  • kleurstrooisels vir oorsprinkel

Voer onderkant van pot uit met foelie en sprinkel houtskaafsels bo-op. Plaas afkoelrakkie op skaafsels. Sny piesang oorlangs (in die lengte) oop met skil aan. Moenie regdeur sny nie. Meng suiker, heuning, vanielje en botter. Pak piesangs met oopgesnyde kante na bo op rakkie. Skep suikermengsel in piesangs. Sit deksel op pot sodat alles dig seël en plaas pot op matige hitte tot rook by deksel begin uittrek. Verwyder pot van plaat en laat rook vir 10 minute. Moenie die pot oopmaak nie. Plaas piesangs in poedingbakkies van jou keuse. Skep balle roomys op elke piesang, gevolg deur ’n lepel room. Sprinkel sjokolade-balle oor. Sprinkel kleurstrooisels oor.