Donna Lewis

Donna Lewis

Nagereg

Oreo-en-donkersjokolade-roomys-koek

Die bittersjokoladesmaak van die legendariese koekie is
perfek saam met roomys. Maak dié koek vir jou somertafel!
genoeg vir 8

  • 1 x 280 g madeira-sponskoek, in skywe gesny
  • 2 liter vanielje-roomys
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • 176 g Oreo-koekies, gekrummel
  • 125 ml room
  • 100 g witsjokolade, gekap
  • 125 g bloubessies

Voer ’n 20 cm-losboomkoekpan heeltemal met kleefplastiek uit. Voer
onderkant van pan met helfte van koek uit. Plaas roomys in groot mengbak en
maak sag met groot metaallepel – dit moenie heeltemal smelt nie maar eerder
soos sag geklopte botter lyk. Voeg sjokolade en koekies by en meng deur.
Skep helfte van mengsel bo-op koek en smeer gelyk. Pak oorblywende
koek bo-op roomys en skep res van roomys-mengsel bo-op. Smeer gelyk.
Plaas in vrieskas vir 4 – 6 uur of tot weer hard gevries. Sous Bring room
tot kookpunt en gooi oor witsjokolade. Roer tot gladde sous. Maak ring van
pan los en verwyder kleefplastiek. Lig koek met slaplemmes van metaalring
af en plaas op opdienbord. Strooi bloubessies op koek en skep sous oor.