Foto deur Lee Malan

Foto deur Lee Malan

Nagereg

Outydse appelkoosbasaarpoeding

(6 porsies)

  • 80 g suiker
  • 100 ml water
  • 5 eiers, geskei
  • 100 g versiersuiker
  • 1 x 10g sakkie poeiergelatien
  • 300 g appelkoosjogurt
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 6 vars appelkose, in kwarte gesny

Plaas suiker en 60 ml van water in middelslag-pot. Bring tot kookpunt en verlaag hitte tot stadige prut. Plaas eiergele in bak van elektriese menger en klits vir 5 minute by hoë spoed. Sodra buiterand van suiker begin verkleur, gooi in dun straaltjie by eiergele terwyl dit geklits word. Hou aan klits tot dik skuimmengsel vorm. Klits eierwitte tot stywepunt-stadium en voeg versiersuiker stadig by. Hou aan klits tot blink en styf. Week gelatien in res van water tot sponsig. Plaas jogurt en vanielje in middelslagpot en verhit tot onder kookpunt. Voeg gesponsde gelatien by en roer tot glad. Verwyder van hitte en vou by eiergeelmengsel in. Vou nou eierwitmengsel in. Verdeel tussen 6 glase en laat stol in yskas vir 2 – 3 uur. Sit voor met vars appelkose.