sk1006.poeding2
Nagereg

Pampoenkoekies met stroop

sowat 20 koekies

• 500 ml gaar pampoen
• 120 g (215 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 1 eier, geklits
• sonneblomolie om koekies in te bak

Stroop

• 15 g botter
• 300 g suiker
• 200 ml melk
• 15 ml mielieblom
• 175 ml koue water
• 1 kaneelstok

Druk die pampoen fyn en meng met res van die bestanddele behalwe die olie. Verhit die olie in ‘n pan en braai eetlepels vol beslag in warm olie tot bruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier. Maak die stroop: Verhit die botter, suiker en melk tot kookpunt. Meng mielieblom en water, roer by melkmengsel in en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor warm koekies.

  • rlntkbsaego

    csee2n ctrfuxxnqrlw, [url=http://hlemorglwuqm.com/]hlemorglwuqm[/url], [link=http://lyuhhymsyifq.com/]lyuhhymsyifq[/link], http://kqfuwrxzifnd.com/

  • B Botha

    Jammer om te sê, maar die pampoenkoekie resep is by verre die swakste wat ek al probeer het. Dit val uitmekaar en is glad nie bros nie.

  • Elaine

    Ek stem nie met jou saam nie. My eerste probeerslag was die olie te warm. Maar hierdie resep is fantasties! Meng net die deeg ook goed voor jy begin, sodat dit trekkerig is. Hoop dit help jou B Botha!

  • C Barnard

    Hierdie selfde resep word al vir jare in my familie gebruik en dit werk! Is dit altyd nodig om aan te val? Dalk het jy die resep verkeerd aangemaak. Dalk was dit ‘n af dag, wie weet. Sal dit nie meer konstruktief wees om weer te probeer as om te beledig en te verkleineer nie?

    Dieselfde gedrag word oorgedra aan ons kinders en kleinkinders en dan wonder ons hoekom hulle ons kritiseer. Soek eers die fout by jouself, B Botha. Jy klink na ‘n baie ongelukkige mens.