Nagereg

Panna Cotta van jogurt & karringmelk

(6 porsies)

Meng 20 ml poeiergelatien met 60 ml water en laat staan vir 5 minute. Plaas 500 ml perskejogurt en 250 ml karringmelk in middelslag-pot en bring tot kookpunt terwyl jy heeltyd roer tot dit ’n gladde mengsel vorm.Verwyder van hitte en roer geweekte gelatien by. Gooi mengsel in vorm met volume van 800 ml. Laat stol in yskas vir 4 – 6 uur. Doop vorm vinnig in kookwater en keer uit op opdienbord.

Sit voor met vars vrugte.