Foto deur Lee Malan

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Laktosvry

Peer en pistasieneut ryspoeding

Basiese vanieljeryspoeding
(genoeg vir 4)
gaarmaaktyd: 15 – 20 minute

  • 215 g (250 ml) arborio-rys
  • 2 x 400 ml-blikke klappermelk
  • 200 ml water
  • 50 g (60 ml) strooisuiker
  • 50 g (60 ml) sagte bruinsuiker
  • 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap, of 10 ml vanieljegeursel

Plaas al die bestanddele saam in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt oor medium hitte terwyl jy aanhoudend roer met ’n houtlepel. Verlaag hitte tot stadige prut en kook mengsel sowat 15 – 20 minute of tot rys sag en romerig is. Roer elke 3 minute. Verwyder

Peer en pistasieneut
Sagte pere wat in fyngekapte neute gerol is, gee ekstra tekstuur.
(genoeg vir 4)
kooktyd: 10 – 15 minute

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 500 ml water
  • 4 pere, geskil en gehalveer
  • 100 g pistasieneute, fyngekap
  • 1 x basiese ryspoeding (sien resep BO)

Plaas suiker en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte tot stadige prut en plaas pere in stroop. Plaas stukkie bakpapier bo-op pere en posjeer 8 – 12 minute of tot gaar maar steeds ferm. Haal uit stroop en laat afkoel. Rol koue pere in pistasieneute. Skep warm ryspoeding in bakkies en sit voor met pere bo-op.