Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Nagereg

Peperment-en-karamelpoeding

(6 porsies)

  • 1 blik (360 g) karamel
  • 6 wafelbakkies
  • 250 ml room
  • 2 (70 g elk) Peppermint Crisp-sjokolades
  • vars kruisementblare

Roer die karamel in die blikkie voor jy dit tussen die wafelbakkies verdeel. Klits room styf en skep bo-op. Sny sjokolades fyn met ‘n mes en sprinkel oor. Garneer met vars kruisementblare. Jy kan die room met vanielje-roomys vervang.