sariekos_cover_poster_apr_mei2011
Nagereg

Peperment-yskastert – 3de plek

Anri Ham, van die  Paarlse peperment-yskastert het die 3de plek behaal.

PEPERMENT-YSKASTERT

Lewer 6 tertjies

• 2 velle fillodeeg
• 175 ml room
• 125 ml mascarpone-kaas
• 200g peperment-sjokolade, gerasper
• 1 blik karamel-kondensmelk
• 1 pak pepermentgegeurde sjokoladekoekies (Romany Creams)
• 1 x Peppermint Crisp-sjokolade
• pepermentblare (opsioneel vir garnering)

Verhit die oond tot 150 °C. Sny fillo-velle in vierkante van ongeveer 15 x 15 cm en voer groot muffinpanne (9 cm in deursnee) kruis en dwars daarmee uit, totdat die muffin-holtes goed bedek is. Plaas ‘n stukkie waspapier in elkeen en vul die bodem met droëbone.
Bak die fillo-nessies blind vir sowat 2 – 5 minute (afhangende van jou oond se hitte), maar hou dit heeltyd dop om te verseker dat dit nie brand nie.
Haal uit die oond as dit karamelkleurig lyk en bros gebak is. Koel af. Sodra die nessies afgekoel is, verwyder die waspapier en bone.
Klits nou die room tot styf en voeg die mascarpone en gerasperde pepermentsjokolade by. Hou eenkant.
Klits die karamelkondensmelk sodat dit meer vloeibaar is en sit eenkant.
Sny so 6 -7 van die koekies in skyfies en hou eenkant.
Pak nou lae in elke nessie: eers ‘n laag roomkaas-mengsel, dan karamel en dan die koekies. Herhaal tot vol en eindig met roomkaas. Gooi ‘n paar koekiekrummels oor, breek die Peppermint Crisp in growwe stukke en verdeel tussen die tertjies. Pepermentblare kan ook as garnering bygevoeg word.
Verkil in yskas en sit voor.