Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Laktosvry

Piesang-en-karamel-roomys

Die twee smake so saamsaam komreg uit die koshemel!
Genoeg vir 10

• 200 g (250 ml) suiker
• 80 ml water
• 6 piesangs, in skywe gesny
• 250 ml laktosevrye jogurt
• 500 ml laktosevrye vla
• 5 ml vanieljegeursel

Plaas suiker en water in middelslag-pot en roer tot suiker gesmelt het. Bring tot kookpunt en kook 5 – 8 minute of tot goue karamel vorm. Gooi jogurt by en roer oor hitte tot mengsel glad is. Voeg piesangs by. Plaas saam met res van bestanddele in voedselverwerker en puree by hoë spoed tot glad. Gooi mengsel in vrieskasbestande bak en plaas in vrieskas. Roer elke 20 minute met draadklitser. Herhaal tot mengsel dik en romerig is. Smeer plat en vries verder tot gestol. Sit balle roomys voor.