sk08_2poeding01
Nagereg

Piesang in karamel-en-lemoensous

(4 porsies)

  • 8 piesangs
  • 30 ml botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 150 ml lemoensap
  • 15 ml brandewyn (opsioneel)
  • mascarponekaas of styfgeklopte room, om voor te sit

Skil die piesangs en sny elkeen in 3 stukke. Smelt die botter in ’n pan en braai die piesangs vir sowat 5 minute. Haal uit en hou eenkant warm. Meng intussen die suiker, lemoensap en brandewyn en giet in die pan waarin die piesangs gebraai is. Verhit en hou aan roer tot die suiker gesmelt het. Laat die sous stadig kook tot dit ’n donker karamelkleur kry. Skep die piesangs in opdienbakkies en giet die karamelsous oor. Sit voor met mascarponekaas of styfgeklopte room.