sk0909rabarber05
Nagereg

Rabarber-en-piesang-gratin

4 porsies

  • 2 piesangs, in skywe gesny
  • sap van ’n halwe suurlemoen
  • 500 g rabarber
  • 50 g (60 ml) suiker
  • sade van 1 vanieljepeul
  • 40 ml amandel-likeur
  • 3 eiers, geskei
  • 60 ml room
  • 300 g ricotta-kaas
  • 30 ml gemaalde amandels

Verhit oond tot 180 ºC. Meng piesangs en suurlemoensap. Skep in ’n oondbak. Was rabarber en sny ente van stingels af. Sny rabarber in skywe. Voeg by die piesangs saam met 30 ml van die suiker, vanieljesade en amandel-likeur. Meng eiergele, room, ricotta-kaas en res van suiker tot glad. Klits eierwitte styf en vou versigtig by ricotta-mengsel in. Vou gemaalde amandels in. Skep mengsel bo-op vrugte. Bak vir sowat
20 tot 25 minute tot ligbruin.