sk08_2kaas01
Nagereg

Ricotta-plaatkoekies

(ongeveer 15 koekies)

  • 90 g (160 ml) meel
  • 5 ml bakpoeier
  • 15 ml strooisuiker
  • knippie sout
  • 250 ml melk
  • 1 eier
  • 1 ml vanieljegeursel
  • 400 g ricottakaas
  • sonneblomolie om plaatkoekies in te braai

Sit voor met

  • vars of bevrore bessies,
  • 250 g mascarpone-kaas
  • heuning

Sif die meel, bakpoeier, strooisuiker en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die melk, eier en vanieljegeursel saam. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en klits goed tot ’n gladde pasta. Voeg die ricottakaas by en meng goed. Maak met ’n afdroogdoek toe en laat rus vir 30 minute. Verhit ’n klein bietjie sonneblomolie in ’n pan. Skep eetlepels vol van die beslag in die pan. Laat dit eers goed aan die een kant braai voor jy dit probeer omdraai. Hou ’n kastrol eenkant met warm water en ’n bord wat bo-op pas waarop jy jou plaatkoekies warm kan hou.

 

Om te drink

Hartenberg se Hanepoot Jerepigo het rosyntjiegeure wat die bessies in dié nagereg sal aanvul.