Foto's deur Donna Lewis

Nagereg

Rooi fluweel-madeleines

’n Madeleine is ’n Franse koekie en die
naam verwys na die pan se vorm. As jy nie
een het nie, kan jy dit in eetlepels bak.
sowat 18 madeleines

• 120 g (215 ml) koekmeel
• 130 g (155 ml) strooisuiker
• 10 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 120 g (150 ml) botter, gesmelt
• 5 ml vanieljegeursel
• 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
• 250 g crème fraîche

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, suiker, bakpoeier en sout saam in middelgroot
mengbak. Voeg eiers, botter, vanielje en kleursel by.Meng tot gladde beslag met
draadklitser.Vul holtes van madeleinepan tot ⅔ vol met die beslag.As jy nie
so ’n pan het nie, plaas groot eetlepels op ’n bakplaat met die stele wat op die rand
van die bakplaat rus. Spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep elke lepel
⅔ vol met beslag. Bak vir 8 – 10 minute of tot uitgerys en gaar. Sit voor met
crème fraîche.