Roomys-broodjies
Nagereg

Roomys-broodjies

Die hardste werk is om die koekies self te bak, maar dis alles die moeite werd.

genoeg vir 12

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 90 g (97 ml) botter
  • 155 g (175 ml) strooisuiker
  • 90 ml kakao
  • 2 eiers
  • 1 liter vanielje-roomys

Plaas meel, botter, suiker en kakao in voedselverwerker. Pols op hoë spoed tot growwe tekstuur. Klits eiers en gooi geleidelik by terwyl menger loop. Voeg genoeg by tot mengsel in een bal saamkom. Laat rus deeg in yskas vir 20 minute. Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel koekmeel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 2 mm dik. Sny 10 cm-sirkels uit met koekiedrukker. Plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Gebruik agterkant van sosatiestokkie en druk ronde gaatjies in die koekie. Bak vir 10 – 12 minute of tot goudbruin en bros. Laat afkoel. Keer roomys in houer uit op kapplank en sny met skerp mes in skywe van 2 cm dik. Druk met 10 cm-koekiedrukker sirkels uit skywe roomys en plaas tussen twee koekies. Vries verder of sit dadelik voor.