FOTO Donna Lewis      

SARIE KOS OKT/NOV 2012

FOTO Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Nagereg

Roomys en sjokoladesous

As jy nie tyd het om roomys te maak nie, gebruik sommer winkelroomys. Die kersies is wel ‘n moet!

4 – 6 porsies

• 500 ml room
• 5 ml vanieljegeursel
• 5 eiers, geskei
• 155 ml strooisuiker
• 125 g bevrore of vars bessies van jou keuse, verpulp sjokoladesous
• 250 ml room
• 200 g donkersjokolade, fyngekap
• 200 g glanskersies met stingels

Bring room en vanieljegeursel tot kookpunt. Klits eiergele en 30 ml strooisuiker saam in ‘n glasbak. Voeg warm room by eiergele terwyl jy roer. Plaas glasbak op ‘n kastrol met kookwater wat stadig prut – die bodem van die bak moenie aan die water raak nie.Roer stadig totdat eiervla-mengsel die agterkant van ‘n houtlepel bedek, sowat 8 – 10 minute. Laat afkoel tot heeltemal koud. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg res van strooisuiker stadig by terwyl jy klits en hou aan klits totdat blink, stywe punte vorm. Vou eierwitte en verpulpte bessies by koue eiervla in. Gooi mengsel in ‘n bak wat jy in die vrieskas kan plaas en vries oornag. Bring room vir sjokoladesous tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade.Roer tot gesmelt. Skep balle roomys in nagereg-glase en sit voor saam met sjokoladesous en kersies.

Wenk: Pleks van bessies kan jy enige ander vrugte van jou keuse gebruik, soos piesang.

  • http://zpleovwalfpa.com/ hvmphx

    qUhUQW sdqzyqspixgb, [url=http://nxlfwauuhypt.com/]nxlfwauuhypt[/url], [link=http://ixglheiazpgd.com/]ixglheiazpgd[/link], http://vxdztbccrgim.com/