Nagereg

Rosé-appels

10 porsies

  • 1 bottel (750 ml) rosé-wyn
  • 380 g (450 ml) strooisuiker
  • 1 kaneelstok
  • skil en sap van 1 suurlemoen
  • 10 groen (Granny Smith)appels, geskil, maar behou stingel
  • 30 ml mielieblom

Meng al die bestanddele, behalwe appels en mielie-blom, in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer sodat suiker oplos. Sit appels versigtig in en verlaag hitte sodat stroop net prut. Plaas ’n stuk waspapier bo-op en laat vir 15 minute prut. Haal appels versigtig uit en hou eenkant. Meng mielieblom met van die stroop tot ’n gladde pasta. Voeg by stroop en prut tot sous verdik. Gooi sous oor appels en laat afkoel. Sit voor saam met vanieljeroomys.

Om te drink
Hill & Dale Rosé. Gebruik dieselfde wyn in die resep as wat julle gaan drink.