sk0907winter06
Nagereg

Ryspoeding met karamelsous

6 porsies

  • 250 ml arborio-rys
  • 1 kaneelstok
  • 1 vanieljepeul
  • 800 ml melk
  • 110 g (130 ml) strooisuiker
  • fyn kaneel, om bo-op te sprinkel

Meng al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en roer tot suiker gesmelt is. Laat prut tot rys sag is. Dit sal so 45 minute neem. Skep in bakkies en sprinkel fyn kaneel oor. Sit voor saam met karamelsous.

Karamelsous

  • 170 g fudge, in blokkies gebreek
  • 125 ml room

Plaas fudge en room in ’n kastrol oor lae hitte en roer nou en dan totdat fudge gesmelt is.