Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Laktosvry

Sjokolade-bloubessie-en-pistasie-roomys

Die bitter van die sjokolade saam met die soet van die bloubessie maak van die roomys ’n uitsonderlike smaaksensasie.
Genoeg vir 10

• 200 g 85%-donkersjokolade, fyngekap
• 250 ml laktosevrye jogurt
• 200 g (250 ml) witsuiker
• 500 ml laktosevrye vla
• 5 ml vanieljegeursel
• 125 g bloubessies, vars of bevrore
• 100 g pistasieneute, fyngekap

Plaas sjokolade, jogurt en suiker in ’n glasbak wat oor ’n pot met kookwater pas. Roer tot mengsel glad is. Voeg vla, geursel en bloubessies by. Puree hele mengsel met ’n staafmenger (stick blender) tot glad. Voeg neute by en roer deur?. Skep in vrieskasbestande bak en plaas in vrieskas. Roer elke 20 minute met draadklitser. Herhaal tot mengsel dik en romerig is. Smeer plat en vries verder tot gestol. Sit balle roomys voor met laktosevrye sjokoladesous.