Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Nagereg

Sjokolade-en-bloubessie-roomys op fillo-horinkies

Ja, jy kan roomys maak sónder ʼn masjien. Vat sommer kortpad met vla uit ʼn boks.

Genoeg vir 8 – 10
Vriestyd: 6 – 8 uur, of tot gevries

  • 500 ml-boks vla
  • 200 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
  • 125 g bevrore bloubessies
  • 10 fillo-horinkies

Plaas vla en sjokolade in middelgroot pot. Roer oor lae hitte met houtlepel tot gladde mengsel. Voeg bessies by en meng goed. Gooi mengsel in bak wat vriesbestand is en plaas in vrieskas. Roer mengsel elke 20 minute met ’n draadklitser om kristalle te breek. Hou so aan tot mengsel byna heeltemal gevries is. Los om heeltemal te stol. Skep balle van die roomys en sit voor op fillo-horinkies.