Donna Lewis

Nagereg

Sjokolade-roomys-soufflè

Hierdie soufflé sal nooit platval nie. Jy kan hom selfs
2 weke lank in jou vrieskas hou.
genoeg vir 10

  • 1 liter vanielje-roomys
  • 100 g witsjokolade, fyngekap
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • 100 ml kakao
  • 250 ml sjokoladesous van jou keuse (sien bl. 124)

Sny bakpapier in 10 x 20 cm-stroke. Vou in die lengte in die helfte sodat strook 5 cm breed is. Rol die strook papier om 10 vrieskasbestandekoppies van 250 ml elk en laat die papier 3 cm bo die koppie uitsteek. Bind vas met kombuistou. Plaas vanielje-roomys in groot mengbak en maak sag met groot metaallepel – dit moet nie heeltemal gesmelt wees nie maar eerder soos sag geklopte botter lyk. Deel roomys in twee en voeg witsjokolade by een helfte en meng deur. Verdeel tussen koppies. Meng kakao en donkersjokolade by oorblywende roomys. Skep bo-op witsjokolade-roomys. Die papier sal die roomys bo die rand binne hou. Plaas vir 4 – 6 uur of oornag in vrieskas. Verwyder papier en sit voor met sjokoladesous.