FOTO Mickey Hoyle SARIE KOS FEB/MRT 2014

Nagereg

Sjokolade-roomysie (tartufo) met karamelsous

Tartufo: Dís die naam vir roomys met ’n sjokolade-omhulsel. Daar is gewoonlik ’n verrassing in die middel – myne is ’n sjokoladebal.

12 tartufo’s

• 500 g sjokoladesirkels
• 1 liter vanieljeroomys
• 12 sjokoladeballe

Karamelsous
• 60 g fudge, in blokke gebreek
• 125 ml room

Stap 1

Plaas sjokolade in ’n bak wat oor ’n kastrol sal pas. Gooi water in die kastrol, maar maak seker dat die water nie aan die bak sal raak nie. Bring water tot kookpunt sonder die bak met sjokolade. Wanneer water kook, skakel oondplaat af en plaas bak met sjokolade bo-op. Roer nou en dan tot sjokolade gesmelt het.

Sjokolade-roomysie(tartufo) met karamelsous stap 1

Stap 1

Stap 2

Gebruik ’n silikoonvorm  van jou keuse en verf die holtes uit met ’n laag gesmelte sjokolade. Plaas in yskas en laat hard word. Haal uit en verf nog ’n laag sjokolade bo-oor. Plaas terug in yskas en laat hard word.

stap 2

Stap 2

Stap 3

Skep ’n eetlepel roomys in elke holte en plaas ’n sjokoladebal in die middel. Vul verder op met roomys. Plaas in vrieskas en laat roomys hard word.

stap 3

Stap 3

Stap 4

Skep gesmelte sjokolade bo-op en maak seker die roomys is heeltemal bedek. Plaas terug in yskas – minstens oornag. Plaas fudge en room in ’n kastrol en verhit oor lae hitte op ’n stoofplaat. Roer nou en dan tot gesmelt. Keer tartufo’s uit en sit voor met sous.

stap 4

Stap 4

Die eindproduk … 

sarie002