Nagereg

Sjokolade-tiramisu

(4 – 6 porsies)

  • 3 eiers, geskei
  • 50 g (65 ml) suiker
  • 500 g mascarpone-kaas
  • 125 ml sjerrie (opsioneel)
  • 125 ml warm koffie
  • 30 Boudoir-koekies
  • 200 g donkersjokolade

Klop eiergele en suiker saam tot lig en romerig. Voeg mascarpone-kaas by en klop goed. Klop eierwitte styf en vou in mengsel in. Kombineer sjerrie en koffie. Doop koekies daarin en pak onderin bak of glase. Smelt 100 g van sjokolade in bak wat oor kastrol met kookwater pas. Skep van die mascarpone-mengsel oor die koekies en dan ‘n dun lagie gesmelte sjokolade. Herhaal proses en maak toe met kleefplastiek. Verkoel in yskas vir minstens 5 uur. Smelt die ander 100 g sjokolade en versier die poeding bo-op daarmee.