sr1304_koek_van_d_maand
Nagereg

Sjokolade toffiekoek

  • 1 x 100 g sjokolade
  • 1 x 385 g-blik kondensmelk
  • 100 g pekanneute
  • 200 g (310 ml) koekmeel
  • 25 g (60 ml) kakao
  • 2 ml sout
  • 20 ml bakpoeier
  • 200 g botter (220 ml)
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 2 ekstragroot eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 180 ml karringmelk

Bolaag

  • 200 g donkersjokolade van goeie gehalte
  • 125 ml room
  • 45 ml botter

Versier so

Smelt sjokolade, room en botter saam in ’n middelslag-pot oor lae hitte. Verwyder van hitte en gooi in skoon mengbak. Klits met draadklitser tot mengsel dik en romerig word.

Plaas koek op opdienbord (jy kan die toffielaag na bo of onder plaas, nes jy wil). Skep sjokolademengsel bo-op en smeer oor koek. Sit voor.

 Smelt sjokolade en kondensmelk saam.
1.Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 24 cm-losboompan uit met drie lae bakpapier en spuit dit goed met kleefwerende kossproei. Smelt die sjokolade en kondensmelk saam in ’n middelslag-pot oor matige hitte.  Voeg neute by en gooi in voorbereide pan. 2.Sif koekmeel, kakao, sout en bakpoeier saam in ’n middelslag-mengbak.
 Room botter en suiker  Gooi beslag in pan.
3.Room botter en suiker met ’n houtlepel of elektriese handmenger in ’n aparte bak. Breek eiers een vir een by en meng goed. Meng vanielje en karringmelk by. Voeg droë bestanddele by en meng tot gladde beslag. 4.Gooi beslag in pan met sjokolademengsel en plaas in ’n warm oond. Bak 45 – 60 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat paar minute afkoel en keer uit. Haal bakpapier af en laat heeltemal afkoel. Sien “Versier sÓ”.

Elfie se wenke

  1. Jy kan die sjokolademengsel vir die koek ook in die mikrogolfoond smelt, maar wees versigtig. Haal dit elke 30 sekondes uit om te toets.
  2. Die koek kan vir ’n onbepaalde tyd gevries word. Draai dit goed toe in tinfoelie en vries dit met die versiersel op. Haal die koek so ’n uur voordat jy dit wil voorsit uit die vrieskas.