FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Nagereg

Sjokolade-malvalekkerkoekies met winkelroomys en toffiesous

Die ideale nagereg vir gaste … Die koekies en die sous kan jy al die vorige dag maak en die roomys kom sommer net so uit die winkel! Min moeite en heerlik dekadent.

Genoeg vir 6

• 230 g (250 ml) sagte botter
• 100 g (125 ml) sagte bruinsuiker
• 100 g (125 ml) suiker
• 2 eiers
• 5 ml vanieljegeursel
• 210 g (375 ml) koekmeel
• 50 g (125 ml) kakao
• 5 ml bakpoeier
• 2,5 ml sout
• 200 g sjokoladesplinters/donkersjokolade, gekap
• 500 ml baba-malvalekkers

Toffiesous
• 400 g (500 ml) ligte bruinsuiker
• 50 ml water
• 40 g (45 ml) botter
• 250 ml room
• 1 x 2 liter goeiegehalte-vanieljeroomys

1. Verhit oond tot 180 °C. Voer twee bakplate uit met bakpapier. Room botter, bruinsuiker en suiker in elektriese menger tot lig en romerig. Gooi eiers een vir een by en meng goed. Voeg vanielje by. Sif droë bestanddele saam en vou by mengsel in. Vou sjokoladesplinters en malvalekkers in. (Dit vorm ’n baie stywe deeg.)

1

2. Skep 12 ewe groot lepels vol deeg uit op die bakplate. (Wenk Gebruik ’n roomyslepel.) Bak 10 – 12 minute.Verwyder van bakplaat en laat afkoel op draadrakkie.

2

3. Toffiesous Verhit die suiker en water saam in ’n diep pan. Laat staan oor matige hitte tot ‘n donker karamel vorm. Moenie mengsel roer nie – dit sal suikerkristalle veroorsaak. Roer die botter by met ’n draadklitser. Voeg room by en klits oor hitte tot ’n dik sous vorm.

3

4. Skep lepels vol roomys tussen twee koekies en plak aanmekaar. Sit voor met warm toffiesous.

4

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG