Sjokolademousse

Sjokolademousse

Kosstories

Sjokolademousse

Nagereg

Mousse

• 210 g sjokolade, gekap
• 500 ml room
• 4 eiers, geskei
• 45 ml strooisuiker

Plaas sjokolade en 125 ml room in mengbak wat oor ’n kastrol pas. Gooi water in die kastrol – water moenie aan bak met sjokolade raak nie. Bring water tot kookpunt. Skakel hitte af en plaas bak met sjokolade bo-op. Laat staan tot sjokolade gesmelt het. Verwyder van hitte en laat eenkant afkoel. Klits eiergele en suiker tot lig, sowat 10 minute. Vou eiergeelmengsel in by gesmelte sjokolade. Klits eierwitte styf en vou in by sjokolademengsel. Klits res van room styf en vou in by sjokolademengsel. Plaas in yskas tot benodig.

Meringue

• 4 eierwitte
• 115 g strooisuiker
• 115 g versiersuiker

Verhit oond tot 100 °C. Voer bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas eierwitte in mengbak van elektriese menger. Klits tot stywe punte vorm. Terwyl menger loop, voeg strooisuiker lepelsgewys by. Klits goed ná elke byvoeging. Sif versiersuiker. Vou versiersuiker met ’n metaallepel in by eierwitmengsel. Skep lepels vol meringue op uitgevoerde bakplaat. Plaas in oond en bak 2 uur tot droog. Laat afkoel op droograkkie.

Witsjokolade-aarbei

• 250 g witsjokolade, fyngekap
• 12 aarbeie

Plaas sjokolade in ’n mengbak wat oor ’n kastrol sal pas. Gooi water in die kastrol – water moenie aan bak met sjokolade raak nie. Bring water tot kookpunt. Skakel hitte af en plaas bak met sjokolade bo-op kastrol. Laat staan tot gesmelt. Voer bakplaat uit met bakpapier. Doop aarbeie in sjokolade en plaas op bakplaat. Laat staan eenkant tot later benodig.

Styfgeklitste room

• 250 g room
• 80 g versiersuiker

Plaas room in elektriese menger se bak en voeg versiersuiker by. Klits tot styf.

Sjokolademousse

Sjokolademousse