Nagereg

Sjokolademousse

(2 porsies)

  • 2 eiers, geskei
  • 65 ml strooisuiker
  • 12,5 ml brandewyn/sterk koffie
  • 100 g donker- of melksjokolade
  • 50 g ongesoute botter, in blokkies gesny
  • 125 ml room, styfgeklop

Klits die eiergele en strooisuiker saam tot dik en lig van kleur. Klits die brandewyn of koffie by. Smelt die sjokolade oor warm water. Wanneer gesmelt, klits die botter blokkie vir blokkie by om ’n gladde room te vorm. Klits die sjokolademengsel by die eiergeel-en-suikermengsel. Klits eierwitte styf en vou in by die sjokolade-eiermengsel. Skep in ’n bak of glasies van jou keuse. Sit voor saam met die geklopte room en sjokolade-tuiles.