sr1107hoofkos_8_310w
Nagereg

Sjokoladepoeding uit SARIE Augustus 1973-uitgawe

Sjokoladesous:

  • 1½ koppie water
  • 1½ koppie bruin suiker
  • 3 eetlepels kakao

Kook bestanddele vir sous ‘n paar minute saam en hou dit dan warm terwyl poedingbeslag aangemaak word.

Sjokoladebeslag:

  • ¼ koppie botter
  • ¾ koppie suiker
  • 1 eier
  • 1 koppie meelblom
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 1½ eetlepel kakao
  • ¾ koppie melk
  • ½ teelepel vanielje

Klop botter en suiker tot room en voeg geklitste eier by. Klop weer goed. Sif droë bestanddele saam en roer om die beurt melk by bottermengsel. Meng vanielje by. Skep beslag in ‘n gesmeerde bakskottel en giet die warm sjokolade sous bo-oor. Bak sowat 30 minute in ‘n matige oond.

Hier’s die resep in die SARIE van Augustus 1973

  • Dense

    Jamie ek wil koek bak

  • Ria Matthee

    “Sonja se Gunsteling” uit 1973 – ook nog al die jare ‘n gunsteling in ons familie. Selfs die kinders en kleinkinders maak dit vandag nog! Het ook al die resep met baie ander gedeel. Lekker bly maar lekker!

  • Karien Zulch

    Ons het dit vir sondag nagereg gemaak Absolute wenner