Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APR/MEI 2014

Laktosvry

Sjokoladeryspoeding-brûlèe

Jou hart sal smelt as jy deur die bros suikerlaag breek en by die roomsagte rys uitkom.
Genoeg vir 6 – 8

• 215 g (250 ml) arborio-rys
• 2 x 400 ml-blikke klappermelk
• 200 ml water
• 50 g (60 ml) strooisuiker
• 50 g (60 ml) sagte bruinsuiker
• 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap, of 10 ml vanieljegeursel
Bolaag
• 60 ml kakaopoeier
• 50 g (60 ml) bruinsuiker

Plaas rys, klappermelk, water, strooi- en bruinsuiker, en vanieljesaadjies in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt oor matige hitte terwyl jy aanhoudend roer met ’n houtlepel. Verlaag hitte tot mengsel stadig prut en kook sowat 15 – 20 minute of tot rys sag en romerig is. Roer so elke 3 minute. Verwyder van hitte.
Bolaag – Verhit oond se rooster-element tot rooiwarm. Voeg kakao by gaar rysmengsel en meng goed deur. Skep mengsel in oondvaste bak van 20 x 12 cm. Sprinkel bruinsuiker oor en plaas vir 8 –10 minute onder rooster-element, net tot suiker goudbruin is.