Donna Lewis

Donna Lewis

Nagereg

Sout karamelpoffers

Die sout van die botter gee dié karamel
sy smaak.
genoeg vir 12 – 14 poffers
• 250 ml water
• 100 g botter
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 4 eiers
Vulsel
• 50 ml water
• 300 g (375 ml) suiker
• 90 g (100 ml) gesoute botter
• 250 ml room
• 100 g donkersjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas water en botter in groot pot en laat kook. Voeg al
die meel op een slag by en roer tot dit in een bal saamkom. Verwyder van hitte
en voeg eiers een vir een by. Meng elke keer goed. Voer bakplaat met bakpapier
uit. Gebruik ’n spuitsak of skep teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Bak
vir 30 – 35 minute of tot goudbruin. Vulsel Plaas water en suiker in pot en
bring tot kookpunt. Laat kook tot goue karamelkleur. Verwyder van hitte. Voeg
botter en 100 ml room by. Skud pot heen en weer tot alles gemeng is. Laat afkoel.
Klits oorblywende room tot sagte punte en vou by koue karamel in. Vul spuitsak
met mengsel. Maak klein gaatjie in elke poffer en spuit vulsel in. Stapel poffers
bo-op mekaar, skep gesmelte sjokolade oor en sit voor.