Foto deur Donna Lewis SARIE SEPTEMBER 2014

Nagereg

Suurlemoen-grenadella-room

Genoeg vir 8

  • 300 ml dik room
  • 80 g (95 ml) strooisuiker
  • 6 vars grenadellas, moes uitgekrap
  • 70 ml vars suurlemoensap

Bring room, strooisuiker en grenadella-moes tot kookpunt en laat vinnig kook vir 5 minute. Verlaag hitte tot room stadig prut. Roer suurlemoensap by en hou aan roer vir 5 minute terwyl mengsel prut. Verpulp mengsel met staafmenger. Verdeel mengsel tussen 8 klein glasies en laat stol in yskas tot koud. Sit voor met ekstra grenadella-moes.