FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Laktosvry

Suurlemoen-ys-mousse

genoeg vir 6

• 4 eierwitte
• 210 g (250 ml) strooisuiker
• 375 ml laktosevrye jogurt
• skil van 2 suurlemoene
• 100 g witsjokolade
• 100 ml room

Klits eierwitte tot sagte punte vorm en gooi suiker geleidelik by. Hou aan klits tot meringue blink en styf is. Bring pot met water tot kookpunt en plaas bak met meringue in bo-op. Klits nog 5 minute en haal van water af. Hou aan klits tot meringue koud is. Vou jogurt en suurlemoenskil by en gooi mengsel in vrieskasbestande bak. Laat vries 4 – 6 uur of oornag. Bring room en sjokolade tot kookpunt in mikrogolf. Roer tot glad. Skep lepels vol mousse uit en sit voor met sous.

Om te weet

Daar is 3 soorte meringue: Frans, Italiaans en Sweeds.

Frans Die tradisionele metode – klits eierwitte styf en voeg suiker geleidelik by.
Italiaans Kook suiker en water saam om stroop te maak. Gooi warm stroop by eiers terwyl jy dit klits. Die stroop maak die eiers gaar.
Sweeds Meringue word oor ’n pot met kookwater gelikts tot blink en styf. Die water maak die eiers gaar.