Foto's deur Donna Lewis

Nagereg

Suurlemoensmeer-en-mascarpone-trifle

(4 – 6 porsies)

  • 250 g mascarpone-kaas
  • 1 x 100 g-blok sjokolade, grofgebreek
  • 280 g vanieljesponskoek, in skywe gesny
  • 500 g suurlemoensmeer
  • 190 g vars kersies, ontpit
  • 2 plaaseierwitte
  • 80 g strooisuiker
  • versiersuiker om oor te sif

Meng mascarpone en sjokolade saam in ‘n mediumgroot mengbak. Skep ‘n eetlepel vol onderin 6 glase van jou keuse gevolg deur ‘n sny koek. Skep 2 lepels suurlemoensmeer bo-op gevolg deur ‘n paar kersies. Herhaal tot die glas vol is. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg suiker stadig by terwyl jy klits en hou aan klits tot stywe punte vorm. Skep meringue bo-op en brand bruin met ‘n blaasvlam. Sif versiersuiker booor en sit voor. Wenk: As jy nie ‘n blaasvlam het nie, kan jy dit ook vir 1 minuut onder ‘n warm oondrooster sit of tot bruin.