sr1012bosveldkos_2_-570x741
Kosstories

Tannie Poppie se gemmer-trifle + lekkerste wit-sjokolade-trifle

Kersfees is uiteindelik hier- maak vandag jou trifle vir Kersdag môre!

Witsjokolade-bessie trifle

edit IMG_7760

 

Die geheim van hierdie resep lê in die koekies wat bo-op gestrooi word in groot stukke vir ‘n lekker krakerige tekstuur in die trifle.

genoeg vir 6-8 porsies  (gebruik 1 glas per porsie)

  • 1 pakkie aarbei-jellie

Mousse:

  • 200 g wit sjokolade
  • 4 eiers, geskei
  • 100 g strooisuiker
  • 700 g gemengde bessies (aarbeie, bloubessies, frambose en kersies)
  • 60 g boudoir-koekies, grof gebreek

Maak jellie soos op verpakking aangedui, verdeel tussen glasies. Plaas in die yskas vir ongeveer 2 ure tot gestol.

Maak intussen die mousse. Klits eierwitte styf tot meringue en voeg helfte van die strooisuiker lepel vir lepel by tot stywe punte vorm. Smelt witsjokolade en voeg 4 eiergele en die orige suiker by. Meng nou eierwit deur sjokolade mengsel.

Wanneer jellie gestol is, pak helfte van die bessies bo-op en verdeel mousse tussen glasies. Pak boudoir-koekies bo-op en versier met orige bessies.

edit IMG_7758

 

 

Poppie se Gemmer-heuningkoek-trifle

17_poppie_300w.jpg

Verlede week het ons gevra vir die lekkerste trifle-resep, Tannie Poppie Coetzer het hare gedeel. Met haar trifle bewys sy weereens niks sê kersfees soos gemmer en heuning nie!

Heuningkoek:

  • 250 ml koekmeel
  • 125 ml suiker
  • 2 ml  sout
  • 30 ml botter
  • 125 ml melk
  • 1 eier

Sous:

  • 75 ml botter
  • 75 ml heuning

Gemmertert:

  • 250 ml stroop
  • 45 ml vlapoeier, met water gemeng to pasta
  • 30 ml water
  • 2.5 ml gemmer
  • 15 ml botter
  • 1 ml sout
  • 25 ml gemmerkonfyt

Jy benodig ook:

  • 250 ml vars room, styf geklop
  • vars vrugte van jou keuse, gesny
  • 100 g okkerneute, gekap
  • 100 g glasierde gemmer

Verhit oond tot 180C. Begin met die heuningkoek. Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en voeg by melk roer in meelmengsel. Giet uit in ‘n koekpan. Bak 15min in die oond. Berei sous deur heuning en botter  saam te smelt. Gooi oor warm koek sodra dit uit oond kom.

Berei nou die gemmertert. Kook water en stroop en voeg vlapoeier by. Voeg gemmer by gooi in water kook tot dik. Verwyder van stoof af roer botter en sout by.

Bou trifle so:
Plaas heuningkoek onder in jou bak. Smeer room bo-oor en pak vrugte op room uit. Giet ‘n laag gemmerpoeding oor die vrugte, voeg nog ‘n laag room bo-op en sprinkel met okkerneute en glasierde gemmer.

 

Mag julle almal lekker saam met die familie kook en onthou nagereg is die laaste geskenk wat jy aan jou gaste gee!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam:

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok