Foto's deur Micky Hoyle

Nagereg

Tiramisu

(6 – 8 PORSIES)

  • 200 ml room
  • 60 g (75 ml) strooisuiker
  • 4 eiergele
  • 500 g mascarpone-kaas
  • 60 ml sterk koffie
  • 60 ml amaretto of brandewyn
  • 1 pak (125 g) boudoirkoekies
  • kakao om bo-op te sif

Gebruik ’n bak van sowat 25 x 20 x 8 cm. Klits room styf saam met 15 ml van die suiker. Hou eenkant in yskas. Klits eiergele en res van strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg mascarpone lepel vir lepel by. Klits goed ná elke byvoeging. Die mengsel moet lekker styf wees – byna soos styfgeklopte room. Vou die room in. Meng koffie en amaretto/ brandewyn. Pak ’n laag koekies in bak en besprinkel met koffiemengsel. Moenie week nie. Smeer ’n dik laag van die mascarpone-mengsel oor en pak dan weer ’n laag koekies. Sprinkel weer van die koffiemengsel oor. Smeer weer mascarpone op. Skep of spuit klein balletjies mascarpone-mengsel bo-op en besprinkel dik met kakao. Plaas in yskas en sit ná sowat 1 uur voor.

  • gendBreep

    Systeem X- Registar ® -World humanitair project , een samenwerking van artsen en specialisten op het gebied van IT. Het doel van het project – het tegengaan van soa’s . [url=http://x-registar.ru]????? ??????? ?? ??? ?????????[/url]