Foto deur Micky Hoyle

Diabeties

Vanielje en mangoroomyssoene

(8 porsies)

Vanieljeroomys

  • 1 blik light ingedampte melk, oornag verkoel (380 g)
  • 250 g laevet- geroomde maaskaas
  • 250 ml vetvrye vanieljejogurt
  • 100 ml suikerplaasvervanger of suiker

Mango-roomys

  • 500 g bevrore mango, in blokkies gesny
  • 10 ml vars suurlemoensap
  • 30 ml suikerplaasvervanger
  • 30 ml karringmelk

Vir soene

  • 200 g 70%-donkersjokolade, gekap
  • 200 g light digestive koekies
  • 1 silikoon-vormpannetjie met 15 holtes

Vanieljeroomys
Klits die ingedampte melk tot dik en meng dan met res van bestanddele. Skep in ’n vrieshouer en vries vir 1 uur. Haal uit vrieskas en klits een keer goed. Sit terug in vrieskas tot heeltemal gestol, of plaas in ’n roomysmaker en vries tot gestol.

Mango-roomys
Sit al die bestanddele in ’n voedselverwerker en pols tot glad. Sit in vrieskas tot benodig.

Vir soene
Smelt die helfte van die sjokolade in die mikrogolfoond by 70% krag. Roer goed tot al die sjokolade gesmelt is. Voeg dan die helfte van die oorblywende sjokolade by en laat smelt, en dan die res van die sjokolade en roer tot alles gesmelt is (moenie die sjokolade weer in die mikrogolfoond sit nie. Want dan raak dit te warm). Spuit die vormpannetjie met kleefwerende kossproei en verf met sjokolade sodat die kante en bodem van die vormpies heeltemal bedek is. Plaas in yskas tot hard. Vul die vormpies met sowat 10 ml van die roomys en bedek dan met ’n koekie wat tot die regte grootte gesny is met ’n sjerrieglasie. Sit in vrieskas tot gevries. Haal uit en bedek die bokant van die vormpies met die oorblywende sjokolade. Vries verder en ontvorm. Plaas in vrieskas tot benodig. Haal uit vrieskas omtrent 5 minute voor jy dit wil voorsit.

Vanielje en mangoroomyssoene analise – (1 porsie = 100 g)
Energie – 740 kJ
Koolhidrate – 2,5 g
Proteien – 6,5 g
Vet – 9 g
Vesadigde vet – 4,5 g
Mono-onversadigde vet – 3 g
Poli-oversadigde vet – 1 g
Cholesterol – 2,13 mg
Glukemiese lading (GL) – 10