Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APR/MEI 2014

Diabeties

Vanielje-panna cotta met bessiejellie

Dié een is so mooi jy sal dit nie wil eet nie, maar as jy dit eers geproe het, sal jy nie
kan ophou nie!
Genoeg vir 6

• 2 x 30 g-sakkies suikervrye framboosjellie
• 25 ml kookwater
• 100 g gemengde bessies van jou keuse
• 30 ml gelatien
• 60 ml water
• 125 ml laevet-melk
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 600 ml en suikervrye laevetvanieljejogurt
• 1 vanieljepeul, gehalveer en saadjies uitgekrap
• 100 g (125 ml) xylitol-versoeter

Dié resep maak jy in twee dele. Maak jellie aan met kookwater. Voeg bessies by en meng deur. Spuit ’n patroonpan met volume van 3 liter goed met kleefwerende kossproei. Gooi jelliemengsel in pan en laat stol 2 – 3 uur in yskas. Maak panna cotta Week gelatien 5 minute in water. Plaas melk, sap en gerasperde skil van suurlemoene, jogurt, vanieljesaadjies en xylitol in middelslagpot. Roer oor lae hitte tot mengsel begin kook. Verwyder van hitte en voeg geweekte gelatien by. Roer tot glad en laat koel af tot louwarm. Gooi mengsel op gestolde jellie in patroonpan en laat stol weer in yskas vir 4 – 6 uur of oornag. Doop vorm 20 sekondes in kookwater en keer uit op opdienbord. Sit voor.