Nagereg

Vars aarbeie gedoop in sjokolade

  • sowat 800 g aarbeie
  • 100 g 70%-donkersjokolade

Breek die sjokolade in ’n mengbak wat oor ’n kastrol met kookwater pas. Maak seker die bak raak nie aan die water nie. Die water hoef nie meer te kook nie, dit moet net baie warm wees. Roer elke nou en dan die sjokolade tot dit gesmelt is. Doop die punte van die aarbeie in die sjokolade en plaas op waspapier totdat die sjokolade hard geword het.

Om te drink
Pierre Jourdan Ratafia – ’n jerepiko-styl wyn van chardonnay-druiwe gemaak, versterk met die Cabrière-landgoed se eie potketel-brandewyn.