Foto's deur Donna Lewis

Nagereg

Wafels met lemoenstroop

Genoeg vir 6

• 375 ml (210 g) koekmeel
• 5 ml sout
• 20 ml suiker
• 15 ml bakpoeier
• 2 eiers
• 250 ml melk
• 20 ml gesmelte botter Lemoensous
• 250 ml suiwer lemoensap
• 110 g (125 ml) strooisuiker
• 55 g (60 ml) botter
• roomys van jou keuse

Sif meel, sout, suiker en bakpoeier saam. Klits eiers, melk en botter saam. Meng gesifte droë bestanddele met die eiermengsel en laat rus 15 minute in yskas. Verhit ’n wafelpan. Skep van die mengsel in die middel van die pan. Braai tot bros en gaar. Hou gaar wafels warm terwyl jy res braai. Lemoensous Plaas lemoensap, suiker en botter in middelslag- pot. Bring tot kookpunt en kook tot mengsel dik sous vorm wat aan ’n lepel se agterkant kleef – sowat 8 – 10 minute. Skep balle roomys op warm wafels