Nagereg

Witsjokolade-truffels

Sowat 30 truffels

  • 300 g witsjokolade, in stukke gebreek
  • 125 ml room
  • 100 g fyn amandels
  • versiersuiker/fyn klapper

Plaas sjokolade en room in ’n glasbak. Plaas bak oor ’n kastrol met baie warm water. Roer nou en dan tot sjokolade gesmelt is. Haal af en voeg amandels by. Meng goed en laat afkoel in yskas. Wanneer dit styf is, skep teelepels vol en rol in balletjies. Rol balletjies in versiersuiker of klapper.