Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Ontbyt

Muesli-appel-en-yoghurtysies

Probeer hierdie maklike alles-in-een-ontbyt vir kinders. Ek dink die grootmense sal dit net soveel geniet!

genoeg vir 6 – 8

• 100 g (125 ml) suiker
• 125 ml water
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 750 ml Griekse jogurt
• 130 g (250 ml) muesli
• 4 groenappels met stronk, dwars in dun skywe gesny

Plaas suiker, water, en sap en skil van suurlemoen in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Kook 5 minute. Verwyder stroop van hitte en roer jogurt by. Meng muesli by. Gebruik 6 papierkoppies en druk die appelskywe teen die rand van die houers vas. Gooi jogurtmengsel in en sit koppies in vrieskas tot mengsel byna heeltemal gevries is. Druk ’n roomysstokkie in elke koppie en vries verder tot heeltemal hard. Doop bevrore bakkies vinnig in kookwater en haal roomyse uit. Sit voor.

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag