Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2013

Ontbyt

Muesli-en-appelmuffins

Hierdie resep kom van my ma, Susan. Jy kan die rou muffinmengsel tot 7 dae in die yskas hou – perfek vir ’n naweek weg, want jy kan die mengsel saamvat en die muffins bak by die bestemming.

genoeg vir 12 – 15

• 225 g (460 ml) hawermout
• 500 ml kookwater
• 230 g (250 ml) botter, gesmelt
• 600 g (750 ml) suiker
• 4 eiers (geklits)
• 25 ml koeksoda
• 325 g (580 ml) glutenvrye koekmeel
• 250 g (890 ml) hawermoutsemels
• 10 ml sout
• 260 g (500 ml) muesli
• 2 appels met stronk in, dwars in dun skywe gesny

Verhit oond tot 220 ºC. Spuit 12 holtes van muffinpan met volume van 250 ml met kleefwerende kossproei. Meng hawermout en kookwater in groot mengbak. Voeg botter by en laat afkoel. Voeg suiker en eiers by en meng. Voeg koeksoda by. Voeg koekmeel, semels, sout en muesli by. Meng goed. Skep holtes van pan 2/3 vol deeg en plaas skyf appel bo-op. Bak 20 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en sit louwarm voor.

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag