Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Ontbyt

Muesli-en-parmesaan-broodjie

Met min moeite kan jy ’n sakkie broodmengsel optooi vir jou mense – hulle sal vra vir nog.

genoeg vir 1

• 450 g glutenvrye broodmengsel (sien bl. 104)
• 130 g (250 ml) muesli
• 300 ml melk
• 1 x 10 g-sakkie gis
• 200 g parmesaankaas, fyngerasper

Plaas al die bestanddele in elektriese menger se bak en klits by medium-spoed met mengspaan (K-beater) tot alles goed gemeng is. Verhoog menger se spoed en klits 5 minute. Skep mengsel in 20 cmbroodpan wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Laat rys op warm plek tot volume verdubbel, sowat 20 minute. Terwyl brood rys, verhit oond tot 180 ºC. Plaas pan in warm oond en bak 25 – 30 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en sit voor.

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag