Ontbyt

Ontbyt in ’n glas

Maak hierdie smoothie in ’n japtrap vir ontbyt. Dis vullend en gesond. 

(sowat 500 ml)

Bestanddele

• 250 ml melk
• 1 piesang, in stukke gesny
• 125 ml muesli met neute
• 15 ml heuning
• halwe papaja, in blokke gesny
• 3 ysblokkies

Vir bo-op

• 1 skyfie papaja
• 15 ml muesli
• 5 ml heuning

Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad. Gooi in glase en versier met papaja, muesli en heuning.