Ontbyt

NUWE STAP-VIR-STAP-REEKS: Die perfekte roer-eier

“Ek glo roer-eier kan enige tyd van die dag geëet word. Moet dit net nooit te droog gaarmaak nie.” – Barbara Joubert, SARIE KOS kosredakteur

(1 porsie)

• 4 eiers
• 15 ml melk
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 15 g (15 ml) botter

STAP 1

Klits eiers en melk saam in ’n mengbak. Geur met sout en peper.

Roer-eier: Stap 1

STAP 2

Smelt botter in ’n pan en gooi geklitste eiermengsel in. Die stoofplaat moet op matige hitte gestel wees.

Roer-eier: Stap 2

STAP 3

Moenie dadelik begin roer nie. Wag tot die eier aan rand van die pan begin stol. Gebruik ’n houtlepel en begin roer van die buitekant af na die middel van die pan.

Roer-eier: Stap 3

STAP 4

Die eier moet nog effe klam wees wanneer jy dit uitskep. Sit dadelik voor.

Roer-eier: Stap 4

NOG BASIESE STAP-VIR-STAP RESEPTE IN DIE FEBRUARIE/MAART 2013 SARIE KOS (bl. 52 – 57)

Die perfekte . . .

  • saggekookte eiers
  • gebakte eiers
  • omelet
  • geposjeerde eier

TYD RAAK MIN! ONTHOU OM JOU SARIE KOS FEBRUARIE/MAART 2013 BY JOU SARIE KOS-VERSAMELING TE VOEG.


TEKEN IN OP SARIE KOS OM JOU GUNSTELING KOSTYDSKRIF OF IN JOU POSBUS, OP JOU REKENAAR OF OP JOU TABLET TE LEES