June_Get_the_Look_Beer-2
Kos

Pampoen-en-appelbier-sop

Skop jou winterete af met hierdie voortreflike sop. Jy sal gou agterkom appel en pampoen smaak eersteklas saam.

genoeg vir 6 – 8

• 45 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 15 ml vars gemmer, fyngerasper
• 1 ui, gekap
• 1 kg pampoen, in blokkies gesny
• 15 ml origanum
• 350 ml appelbier
• 350 ml hoenderaftreksel
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 5 ml fyn kaneel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• brood vir voorsit

Verhit olyfolie in ’n middelslag-pot. Braai knoffel, gemmer, ui en pampoenblokkies 5 – 8 minute. Voeg origanum, bier en af- treksel by. Verlaag hitte en laat 10 – 15 minute stadig kook of tot pampoen sag en pap is. Voeg brandrissie en kaneel by en verwerk tot gladde mengsel in voedselverwerker. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor met brood.