Willem Lourens

Willem Lourens

Kos

Papkoekies met boerewors en tamatiesmoor

Arepas, noem die Suid-Amerikaners hierdie gewilde papkoekies. Hulle gebruik ’n fyngemaalde mieliemeel wat effens verskil van ons tradisionele pap. 

genoeg vir 4

•  250 ml mieliemeel
•  500 ml water
•  5 ml sout
•  30 ml olyfolie
•  30 g (35 ml) botter
•  1 kg wors

Vir die smoor
•  60 ml olyfolie
•  1 ui, fyngekap
•  2 knoffelhuisies, fyngekap
•  2 x 400 g-blikke gekapte tamaties
•  10 ml suiker
•  sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas mieliemeel, water en sout in ’n groot glasmengbak. Kook sowat 5 minute in mikrogolfoond wat op hoog gestel is. Haal uit en roer goed met houtlepel. Plaas vir nog 5 minute in mikrogolfoond (die pap sal baie styf wees). Laat effens af-koel. Verdeel in 4 ewe groot balle en druk plat met handpalm. Verhit olie en botter in ’n kleefvrye pan. Braai pap weerskante tot bros en goudbruin. Hou eenkant warm. Braai wors oor kole of in oond tot gaar.

Vir die smoor Verhit olie in ’n pan en braai ui tot sag. Voeg knoffel, tamaties en suiker by en geur met sout en peper. Verlaag hitte en prut so 15 minute. Sit papkoekie met wors en smoor warm voor.

Lees nou

Bobotie-fillo-pakkies

Geroosterde vleiskebabs

Geroosterde hoender met paprika

Papkoekies met boerewors en tamatiesmoor