FOTO :Micky Hoyle

FOTO :Micky Hoyle

Kos

Peri-peri hoenderboudjies

Ek kan nie piekniek hou sonder koue hoender nie. Die brandrissie gee die gereg ekstra woema.

genoeg vir 8

• 16 hoenderboudjies met vel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 rooi-ui, in kwarte gesny
• 2 knoffelhuisies
• 1 rooi brandrissie
• 15 ml gerookte paprika
• sap van 1 suurlemoen
• 30 ml witwyn-asyn
• 15 ml worcestersous
• 100 ml olyfolie

Sny so 3 kepe in elke hoenderboudjie. Plaas boudjies in ’n groot plat bak. Geur met sout en peper. Plaas res van bestanddele in ’n voedselverwerker. Meng goed om gladde sous te maak.

Gooi oor hoender en maak seker elke boudjie is weerskante goed bedek. Maak bak toe met kleefplastiek en laat marineer 2 uur in yskas.

Verhit oond tot 180 °C. Verwyder kleefplastiek en oondbak sowat 2 uur. Draai hoender nou en dan om. Haal uit en laat afkoel. Plaas in yskas tot benodig.